Joule sink in SA, elders floreer elektriese motors

Die Opel Ampera

Die ontwikkeling van Suid-Afrika se Joule is weens geldgebrek op die ys geplaas, maar in Nederland het die aantal elektriese motors op die paaie in ses maande meer as verdubbel.

Aan die einde van verlede jaar het 1 700 elektriese motors Nederland se paaie aangedurf, maar teen die einde van Junie vanjaar was dit reeds 4 000. Teen 2015 word verwag dat dit reeds sowat 20 000 wees. Daar is reeds 3 500 punte waar die motors herlaai kan word.

Die versnelde verkope het veral gevolg op die aankoms van die Opel Ampera.

In Duitsland is onlangs aangekondig dat dié land waarskynlik nie sy teiken van ‘n miljoen elektriese motors teen 2020 gaan haal nie, en dat ‘n syfer van ‘n halfmiljoen sonder bykomende aansporings meer haalbaar lyk.

Ook in België styg die verkoop van elektriese motors, maar dit bly laag in vergeleke met motors met konvensionele aandrywing.

Die Europese Kommissie het onlangs aangekondig dat motors in Europa teen 2020 gemiddeld nie meer  nie as 95 gram CO2 per kilometer mag vrystel. Die gemiddeld is nou 135,7 gram per kilometer.

Foto’s: Die Opel Ampera word gelaai. Die Opel Ampera in verkeer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.