JPSA: ‘Dis nie wettig om rybewyse af te vat nie’

Die Justice Project South Africa (JPSA), wat hom vir motoriste se regte beywer, sê daar is geen regsgronde vir verkeersbeamptes om motoriste se rybewyse af te vat of op te skort nie.

“Daar is geen voorsiening hiervoor in die Vervoerwet of wetgewing wat verkeersbeamptes die mag gee om rybewyse af te vat nie. Dit is nie wettig nie,” het die organisasie se voorsitter Howard Dembovsky Woensdag gesê. Hy sê slegs die howe mag ʼn rybewys afvat of opskort. Die minister van vervoer, Sbu Ndebele, het Dinsdag ʼn beroep gedoen op verkeersbeamptes om verkeersoortreders se rybewyse af te vat of summier op te skort. Die minister se woordvoerder, Logan Maistry, het Woensdag toegegee dat rybewyse slegs deur die howe afgevat of opgeskort kan word. Maistry sê die minister het slegs bedoel dat daar strenger opgetree moet word teen verkeersoortreders. “Die minister was miskien emosioneel toe hy die beroep gedoen het.” Dembovsky sê die afvat van lisensies deur verkeersbeamptes kom neer op diefstal en kan tot gevolg hê dat die minister strafregtelik aangekla word. Hy sê dit kan ook lei tot korrupsie onder verkeersbeamptes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.