JPSA soek klaring oor e-tol-vervolging

tolhek-21-320x203

Die Justice Project SA (JPSA) het Vrydag gesê die beoogde prosesse om diegene te vervolg wat nie vir die Gautengse e-tolstelsel gaan betaal nie, is onduidelik.

Howard Dembovsky, woordvoerder van die JPSA, het Vrydag in ʼn verklaring gesê hulle is oorval met vrae van die publiek omdat die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) en die departement van vervoer nie duidelikheid oor dié kwessie verskaf nie.

“Daar heers ook ʼn doodse stilte van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) oor dié aangeleentheid,” het Dembovsky gesê.

“Ongelukkig is ons nie in staat om veel meer as ‘n raaiskoot te waag oor hierdie saak nie, aangesien dit nie blyk of die beoogde vervolging van e-tol-oortredinge dieselfde prosedures van vervolging as ander padverkeersoortredinge gaan volg nie.”

Hy het gesê tot dusver is net ‘n onbepaalde skuldinvorderingsproses, voor vervolging, genoem.

“Weens die verwarrende inligting wat versprei word, is ons met geen ander keuse gelaat nie as om ons prokureurs opdrag te gee om ‘n verduideliking te eis van die betrokke owerhede.”

Hy het gesê as die JPSA nie teen Vrydagmiddag ʼn verduideliking kry nie, hulle die hooggeregshof gaan nader vir duidelikheid. Lees die volle verklaring hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Walter

Sanral is ook maar in die duister want daar is bittermin in plek. Al wat hulle in die oog het is om tol gelde te hef om sodoende te begin skep.

peter Says

Titanic….Koebaai…

Etienne

HOW TO LEGALLY DELAY PAYING FOR eTOLLS By way of a public service announcement, here is a 100% legal, fully above board way to DELAY paying for e-tolls …. 1) Do not buy an eTag. 2) After the first 4-6 weeks of passing through toll gantries, send SANRAL a registered letter, expressing your concern, that for the last 4- 6 weeks you have not received a payment request from them (even if you have received one through regular mail). Unreliable postal services could be to blame, so please would they send you a copy invoice by registered mail, to ensure… Lees meer »