JSE stel nuwe voorsitter aan

Nonkululeko Nyembezi-Heita. Foto: miningmx.com

Nonkululeko Nyembezi-Heita. Foto: miningmx.com

Die Johannesburgse aandelebeurs (JSE) het ʼn nuwe voorsitter aangestel, het die Business Day Woensdag berig.

Nonkululeko Nyembezi-Heita gaan volgende jaar die leisels by die huidige voorsitter, Humphrey Borkum, oorneem. Borkum werk al die afgelope 40 jaar by die JSE, waarvan hy 11 jaar as voorsitter gedien het.

Nyembezi-Heita sal in Maart haar nuwe pos beklee tydens die JSE se jaarlikse algemene vergadering van aandeelhouers. Sy is tans die uitvoerende hoof van ArcelorMittal in Suid-Afrika.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Adoons ·

Onder Me Nyembezi-Heita se bekwame leiding as Uitvoerende Hoof het ArcelorMittal se aandeleprys van R120 in Augustus 2009 tot R23 in Mei vanjaar gedaal. Sterkte, JSE!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.