Juanita, Bobby kry meeste Ghoema-benoemings

Juanita du Plessis en Bobby van Jaarsveld het die meeste benoemings ontvang vir vanjaar se Ghoema-musiekpryse vir Afrikaanse musiek.

Du Plessis is vir ses Ghoemas benoem vir onder meer album van die jaar en beste pop-album deur ‘n vroulike kunstenaar vir Jy voltooi my, liedjie van die jaar vir Om jou pinkie en vroulike kunstenaar van die jaar. Du Plessis is ook saam met Theuns Jordaan genomineer vir beste pop- of kontemporere-album deur ‘n groep / duo en beste DVD-produksie (Live) vir Hart vol drome.

Van Jaarsveld is vir vyf Ghoemas benoem vir onder meer album van die jaar en beste pop-album deur ‘n manlike kunstenaar vir Wat geld nie kan koop nie, liedjie van die jaar en beste musiekvideo vir ʼn Vrou wil dit hoor en manlike kunstenaar van die jaar. Van Jaarsveld het Sondagaand na die benoemings bekend gemaak is op Twitter geskryf: “Gaan vanaand trots slaap. Dankie vir my Ghoema nominasies! Kan net dankie sê.”

Die Ghoema-musiekpryse is verlede jaar vir die eerste keer uitgegee. Die toekennings word op 14 April by Carnival City oorhandig. Die publiek kan vanaf 4 Maart om 12:00 na die webwerf www.ghoema.co.za gaan om te stem vir hul gunstelinge.

Die ander nominasies is:

A: ALBUM VAN DIE JAAR
1 Retief Burger – Luidkeels Dieper
2 Juanita du Plessis – Jy Voltooi My
3 Heuwels Fantasties – Alles wat mal is
4 Theuns Jordaan – Roeper
5 Bobby van Jaarsveld – Wat geld nie kan koop nie

B: MANLIKE KUNSTENAAR VAN DIE JAAR
1 Kurt Darren
2 Theuns Jordaan
3 Adam Tas
4 Bobby van Jaarsveld
5 Dewald Wasserfall

C: VROULIKE KUNSTENAAR VAN DIE JAAR
1 Juanita du Plessis
2 Nianel
3 Riana Nel
4 Monique
5 Carike Keuzenkamp

D: GROEP VAN DIE JAAR
1 ADAM
2 Campbells
3 Heuwels Fantasties
4 Romanz
5 Straatligkinders

E: LIEDJIE VAN DIE JAAR
1 Juanita du Plessis – Om Jou Pinkie
2 Theuns Jordaan – Sal jy bly
3 Jay en Lianie May – Bonnie & Clyde
4 Riana Nel – Timbaktu
5 Bobby van Jaarsveld – ‘n Vrou wil dit hoor

F: NUWELING VAN DIE JAAR
1 Kaleidoskoop
2 Kat se Snor
3 Louis Loock
4 Johan C Venter
5 Dewald Wasserfall

G: Beste Pop-album deur ‘n Manlike Kunstenaar

1 Willem Botha – My stem is joune
2 Kurt Darren – In jou oe
3 Snotkop – Oppas
4 Bobby van Jaarsveld – Wat geld nie kan koop nie
5 Dewald Wasserfall – Vergeet wat jy weet van liefde

H: Beste Pop-album deur ‘n Vroulike Kunstenaar
1 Rinel Day – Rinel Day
2 Juanita du Plessis – Jy voltooi my
3 Monique – Pink Champaigne
4 Demi-Lee Moore – Net ‘n Mens

I: Beste Kontemporere-album deur ‘n Manlike Kunstenaar
1 Vaughan Gardiner – Hoe wys ‘n man sy hart
2 Theuns Jordaan – Roeper
3 Adam Tas – In die huis waar stilte woon
4 Albert de Wet – Bang vir die donker
5 Johan c Venter – Liedjies oor Lugkastele

J: Beste Kontemporere-album deur ‘n Vroulike Kunstenaar
1 Anel – Sewe stukkies van jou hart
2 Helene Bester – Tussen die lyne
3 Danelle – Son sien opkom
4 Nianel – My Hart
5 Zita – Skakerings van dagbreek

K: Beste Pop- of Kontemporere-album deur ‘n groep / duo
1 Vuurwerke – 4 Werke
2 ADAM – Vir jou gemaak
3 Heuwels Fantasties – Alles wat mal is
4 Juanita du Plessis / Theuns Jordaan – Hart vol Drome
5 Kaleidoskoop – Vars Uitgekerf

L: Beste Musiekvideo
1 Nianel – Lief my
2 Riana Nel – Soos die son
3 Sterling EQ – Carnival
4 Van Coke Kartel – Tot die son uitkom
5 Bobby van Jaarsveld – ‘n Vrou wil dit hoor

M: Beste DVD-produksie (Live)
1 CH 2 Guitar Duo – CH 2 – Live
2 Juanita du Plessis & Theuns Jordaan – Hart vol Drome
3 Overtone – Live in SA
4 Rocco de Villiers – Beautiful Piano – Pieter Toerien Teater
5 Steve Hofmeyr – Haloda – Na 25 Jaar

O: Beste Ligte Afrikaanse Klassieke-musiek Album
1 Dirk & Marlouise – Dirk en Marlousie
2 El Duo – Die twee van ons
3 Henry – Laat die liefde leef
4 Louis Loock – ‘n Nuwe more
5 Romanz – Hou vas

P: Beste Geestelike-album
1 Louis Brittz – Psalms 2
2 Retief Burger – Luidkeels Dieper
3 Retief, Helmut, Niel, Louis – In verwondering
4 Nicholis Louw – Gebed van ‘n Sondaar
5 Gerhard Steyn – Nuwe Krag

Q: Beste Humor-album
1 Rooies – Ek’s sexy en ek weet dit
2 Thys, Die Bosveldklong – Ek sal boertjie bly
3 Zak van Niekerk – Hoeter oppi Leeuplaas

R: Beste Kinder-album of/en DVD
1 Anna Davel – In die land van Kammamielie
2 Carike Keuzenkamp – Carike & Ghoempie in Bybelland
3 Gwendoline Kriek – Gwendoline en die Bet-El Kids
4 Onbeskaamd Kids – Nuwe generasie
5 Sonja Herholdt en Tjokker Sing Kinderliedjies

S: Beste Rock-album
1 Jan Blohm – Ruby
2 Gert Koevert – Geseeld
3 Glaskas – Verganklik en Afhanklik
4 Straatligkinders – Konings van Verskonings

T: Beste Tradisionele-album
1 Hennie du Bruyn – Drie Kitaar Opskop
2 Kannie Warries Dansorkes – Vaalrivier se wakkersnare
3 Klipwerf Boere Orkes – Hantam Unplugged
4 Matthys Maree – Afrikaans op Reis
5 Teelepeltjies – Wat ‘n vriend het ons in Jesus

U: Beste Instrumentale-album
1 CH 2 Guitar Duo – CH 2 Live
2 Martin Lane – Mooiste Mooiste Klavier Melodiee
3 Niel Rademan – River of Joy
4 Rocco de Villiers – More Beautiful Piano
5 Sterling EQ – Pulse

V: Beste Country-album
1 Campbells – Voet in die hoek
2 Cheree – Lesse & Lullabies
3 Heuning – Heuning
4 Karlien Husselman – Hunky Dory
5 Zandre – Alice in Nashville

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Santie van Deventer ·

Vir Die “Beste DVD- produksie” (Live) het ek gestem vir Steve Hofmeyr – Haloda – Na 25 Jaar. Op Facebook gee hulle hom aan as M 4, maar op die Ghoema toekennings gee hulle hom aan as M5. Ek het vir M4 gestem, maar nou sien ek vanoggend dis M5, wat is dit nou eintlik.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.