Jub Jub kry nie borg

Jub Jub Foto: Werner Beukes/SAPA

Jub Jub Foto: Werner Beukes/SAPA

Die kwaito-sanger Molemo ‘Jub Jub’ Maarohanye se aansoek om borgtog is Vrydag in die Protea-landdroshof geweier.

Maarohanye het die hof gevra om op borg vrygelaat te word hangende die uitkoms van sy aansoek om appèl aan te teken teen sy skuldigbevinding aan moord en sy gevolglike vonnis. Maarohanye en sy medebeskuldigde, Themba Tshabalala, is in Desember tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir moord en vier jaar tronkstraf vir poging tot moord. Landdros Brian Nemavhidi het in sy uitspraak gesê indien Jub Jub op borg vrygelaat word hy moontlik kan vlug. “Daar is geen waarborg dat die hoogste hof van appèl die vonnis sal verminder nie.”

Rudi Krause, Jub Jub se regsverteenwoordiger, het die saak van die Kaapse taxibestuurder, Jacob Humphreys, as ʼn voorbeeld in die hof voorgehou. “Moordaanklagte is nie volhoubaar nie. Hy [Maarohanye] moet vir strafbare manslag gevonnis word.” Die hoogste hof van appèl het Humphreys se 20 jaar vonnis na agt jaar verminder en sy tien skuldigbevindings aan moord is ook vervang met 10 aanklagte van strafbare manslag. Sy taxi het voor ’n aankomende trein beland en tien kinders is dood. Raymond Mathunjwa, die staatsaanklaer, het gesê Humphreys se saak verskil van Maarohanye en Tshabalala se saak. Hy sê Humphreys het nie dwelms gebruik of resies gejaag nie. Maarohanye het al drie keer om borg aansoek gedoen sedert sy skuldigbevinding in Oktober verlede jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Justi ·

Genade maar die onverskillige moordenaar is omtrent verwaand! Wie dink hy is hy? Soveel lewens geneem en nou soek hy borg net om te kan vlug van sy dade af? Gevoellose monster!

Sarie van Niekerk ·

Ek kry die indruk Maroela Media het ‘n goeie taalversorger nodig!! Julle taalgebruik is regtig swak en is besig om nog verder te verswak

Seg Net ·

Sarie jy is maar nog steeds die ou pruttel gat van N24. Vind nog steeds met alles en almal fout. Wanneer raak jy groot? Gaan na Wielie Walie se forum en gaan praat met die kleintjies.

vuurvreters ·

more seg net, los vir Sarie uit man sy gee ons darem iets om oor tr lag met haar simpel kommentaar. Ons moet darem n nar of 2 he of hoe se jy?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.