Jub Jub se vonnisoplegging uitgestel

Jub Jub. Foto: Werner Beukes/SAPA

Molemo “Jub Jum” Maarohanye en Themba Tshabalala, wat vroeër aan moord skuldig bevind is, se vonnisoplegging is Vrydag in die Protea landdroshof uitgestel.

Rudi Krause, prokureur vir Maarohanye, het vir die uitstel aansoek gedoen, aangesien hy slegs onlangs aangestel is en nog nie genoeg tyd gehad het om sy voorvonnisverslag op te stel nie. Krause sê hy sal twee kundige getuies tydens die voorvonnisargumente roep en benodig nog tyd om die verslae saam te stel, maar het die hof verseker dat hulle teen Maandag die verslae sal hê. “Onder hierdie omstandighede versoek ek dat die saak uitgestel moet word,” het Krause gesê.

Die Staat en Tshabalala se prokureur het ingestem en landdros Brian Nemavhidi het die versoek toegestaan, op voorwaarde dat die verslae teen Maandag ingedien sal wees. “Die saak is tot 5 Desember uitgestel,” het hy gesê.

Maarohanye en Tshabalala het op 8 Maart 2010 in Protea North met hul motors gejaag toe hulle in ‘n groep skoolseuns vasgejaag het. Nemavhidi het hulle op 16 Oktober skuldig bevind op vier aanklagte van moord, twee van poging tot moord, gebruik van dwelms, jaag op ‘n publieke pad, en bestuur onder die invloed van dwelmmiddels.
Prince Mohube, Mlungisi Cwayi, Andile Mthombeni, en Phomello Masemola, het tydens die voorval gesterf. Frank Mlambo en Fumani Mushwana het permanente breinskade opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.