Jub Jub, Tshabalala gevonnis

Jub Jub. Foto: Werner Beukes/SAPA

Molemo “Jub Jub” Maarohanye en Themba Tshabalala is Woensdagmiddag in die Protea-landdroshof gevonnis.

Landdros Brian Nemavhidi het Maarohanye en Tshabalala tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir moord en vier jaar tronkstraf vir poging tot moord. Hulle is ook tot een jaar tronkstraf vir die gebruik van dwelms, een jaar vir bestuur onder die invloed van alkohol en een jaar vir resies jaag op ʼn openbare pad. Die laasgenoemde sal gelyklopend uitgedien word. Maarohanye en Tshabalala se vonnis is dus 25 jaar tronkstraf. Vier kinders is dood nadat Maarohanye en Tshabalala op 8 Maart 2010 met hulle motors in ʼn groep skoolkinders ingeploeg het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.