Jub Jub vra borg

Jub Jub Foto: Werner Beukes/SAPA

Jub Jub Foto: Werner Beukes/SAPA

Die kwaito-sanger Molemo ‘Jub Jub’ Maarohanye sal na verwagting Vrydag om borg aansoek doen in die Protea-landdroshof.

Maarohanye sal die hof vra om op borg vrygelaat te word hangende die uitkoms van sy aansoek op appèl aan te teken teen sy skuldigbevinding aan moord en sy gevolglike vonnis. Die aansoek is in Maart in die hooggeregshof in Johannesburg ingedien. Maarohanye en sy medebeskuldigde, Themba Tshabalala, is in Desember tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir moord en vier jaar tronkstraf vir poging tot moord. Hulle is ook tot een jaar tronkstraf vir die gebruik van dwelms, een jaar vir bestuur onder die invloed van alkohol en een jaar vir resies jaag op ʼn openbare pad. Die laasgenoemde sal gelyklopend uitgedien word. Maarohanye en Tshabalala se vonnis is dus 25 jaar tronkstraf. Vier kinders is dood nadat Maarohanye en Tshabalala op 8 Maart 2010 met hulle motors in ʼn groep skoolkinders ingeploeg het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Willy ·

Môresê almal.
Nie te veel name om op te noem nie maar op hierdie ouderdom is die geheue nie meer so goed nie haha.
Ons gaan weer lekker kuier op hierdie Vrydag. Ek wonder hoeveel keer gaan ek weer op my knieë voor die hoof staan vandag.

Kraalmuur, ek het baie lekker vir jou gelag by die DA berig. Dankie vir daai een.

By die berig.

Sit!. LMGA as hierdie druggie se appèl slaag en daar word ‘n paar jaar bygevoeg by die 25 jaar.

Trippie ·

Nou-ja, soos jy gesê het, “liewers laat as nooit” – goeie more Willy en Kie !

Ja, onthou as jy kom hallo sê etenstyd, bring ‘n DOOS tjokkies, nie net ‘n Kitty-Kat nie. Eks nie so tjiep nie … hehehe !

***

Stem saam, en ek moet erken, die paar keer wat dit al gebeur het dat die ouens aansoek doen om appel aan te teken, en daar kom so paar ekstra jare by – LIEF DIT !

Willy ·

Trippie lyk my dis jou beurt vandag om die hoof se deurdrimpel deur te trap haha.
As hy my sien haal hy al klaar die knielkussing uit die kas.
Ek het al sulke carpet burns.

Trippie ·

Ek gaan beslis nie oppie knieë buk vir die hoof nie – ek soekie carpet burns nie.

Trippie ·

NIE ALWEER NIE ! Wat doen of sê ek verkeerd M-M ?

Your comment is awaiting moderation.

Nou-ja, soos jy gesê het, “liewers laat as nooit” – goeie more Willy en Kie !

Ja, onthou as jy kom hallo sê etenstyd, bring ‘n KARTONVERPAKKINGSHOUER tjokkies, nie net ‘n Kitty-Kat nie. Eks nie so tjiep nie … hehehe !

***

Stem saam, en ek moet erken, die paar keer wat dit al gebeur het dat die ouens aansoek doen om appel aan te teken, en daar kom so paar ekstra jare by – LIEF DIT !

Trippie ·

Waar is ons groepie ? Voel soos die wegraping, net Trippie en Willy het oorgebly – SNIK !

Willy ·

Haha seker het die Mayan kalender ingeskop en dis net ons twee wat dit nie weet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.