Judas-akteur hang homself per ongeluk

Tiago Klimeck

ʼn Brasiliaanse akteur wat Judas in The Passion of the Christ gespeel en homself per ongeluk gehang het, is Sondag dood.

Die 27-jarige akteur, Tiago Klimeck, is al sedert Goeie Vrydag, die dag waarop die ongeluk gebeur het, in ʼn koma. Ondersoekbeampte Jose Victor Bacetti het aan die G1-nuuswebwerf gesê dat Klimeck homself per ongeluk gehang het tydens een van die tonele, waarin sy karakter, Judas, selfmoord pleeg. Ongeveer vier minute het verbygegaan voordat iemand dit agter gekom het, aangesien hulle geglo het hy was besig om sy rol te vertolk. Polisie bestudeer die sekuriteitstoestel wat Klimeck tydens die toneel moes ondersteun. Dit is nie duidelik of ʼn saak geopen sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.