Juffrou afgedank toe sy nie oor punte wou jok nie

Arlene Nel, ‘n wiskunde- en wetenskaponderwyseres van Hoërskool Kakamas wat nie met die hoof se seun se punte wou knoei om hom te laat slaag nie, is nou glo onregmatig afgedank.

Solidariteit se dienskantoor in Kathu staan Nel by. Sy is boonop per SMS, en terwyl sy hoogswanger was, ingelig dat haar dienste nie meer benodig word nie.

Solidariteit het reeds met die departement van onderwys vergader om die afdanking te verhoed. Geen ooreenkoms kon egter tussen die partye bereik word nie. Die saak is gevolglik na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys en dit sal op 23 April 2013 daar hervat word.

Nel is sedert Januarie 2012 ʼn werknemer van die Hoërskool Kakamas waar sy wiskunde en wetenskap vir graad 10- tot 12-leerders aangebied het. Sy is in Januarie 2013, ná haar Desemberverlof, per SMS deur die skoolhoof ingelig dat haar dienste by die skool oorbodig is. Haar afdanking volg kort nadat die skoolhoof haar gevra het om sy graad 11-seun se punte vir lewenswetenskappe (biologie) aan te pas sodat hy kon slaag.

“Nel het geweier aangesien die seun heelwat minder as die minimumpersentasie behaal het en onderwysers nie toegelaat word om leerders se punte na willekeur aan te pas nie. Die seun het boonop twee ander vakke ook gedruip,” verduidelik Adele Liebenberg, organiseerder van Solidariteit se Kathu-kantoor wat direk by die saak betrokke is.

Volgens Liebenberg is dit onaanvaarbaar dat werknemers deur hul werkgewers afgedank word omdat hulle nie oneerlik wil optree nie. “Die geloofwaardigheid van ons land se onderwysstelsel sal aangetas word as leerders se punte na willekeur aangepas word sodat hulle kan slaag. Ons lid het reg opgetree deur te weier om die seun se punte aan te pas.”

Solidariteit meen dat daar ʼn tekort aan wiskunde- en wetenskaponderwysers in die land is en dat dit ʼn skande is dat die departement so ʼn werknemer sonder ’n geldige rede afgedank het. “Die skool behoort dankbaar te wees dat dit oor so ʼn bekwame werknemer beskik,” sê Liebenberg.

Nel sê sy is baie dankbaar dat Solidariteit haar in die saak bystaan, aangesien sy ʼn pasgebore baba het om na om te sien. “Solidariteit het my dadelik begin bystaan en Adele Liebenberg het my verseker dat ek kan ontspan en dat sy die stryd namens my sal aansê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jenny Upshon ·

Arlene, ek wil jou prys vir jou eerlikheid en integriteit om te doen wat reg is ten spyte van die feit dat dit jou in ‘n baie moeilike posisie geplaas het.Ons het meer soos jy nodig!Ek glo dit is ‘n saak vir die KVBA.As dit faal is die Kommisie vir menseregte dalk nog ‘n opsie.Die betrokke seun sal in die toekoms dankbaar wees en sover dit die skoolhoof (sy pa)aangaan behoort daar gevolge vir aksie van een of ander aard te wees; iets wat almal wat onderrig doen (insluitend ouers) aan hulle kinders/leerders probeer oordra.Die ontbreking van hierdie princiep en die negatiewe gevolge is duidelik in ons land sigbaar.Ek hoop die saak word vlugtig opgelos.
J.Upshon

Erika ·

Arlene, ons land het baie meer mense soos jy nodig. Dankie vir jou opregtigheid en eerlikheid. Die pa van hierdie seun is en was verkeerd, en jy reg!! Tien uit tien vir jou. Geluk met jou baba’tjie.

SANETTE HENNING ·

Arlene Nel jy is n Hero!!!!!!!!!!!!!!! Soveel onderwysers word gedwing om punte van die sogenaamde room kinderstjies by skole aan te pas Die hoof moet gevra word om te bedank ,hy is oneerlik en verwag sy personeel moet ook so laag daal soos hy en oneerlik wees. Mnr die skoolhoof jy behoort jou te skaam eers is jy oneerlik dan verwag jy juf Nel moet oneerlik wees en dan boonop dank jy haar af Het jy geen intergiteit nie.Ek hoop al die reaksie op hierdie berig word in ondersoek uitgewys. Niemand leer n kind die regte van die verkeerde onderskei as skoolhoofde en ouers so optree, nee hul help so kind die afgrond in. Hoekom net die hoofseun se ounte aanpas en nie ander druipelinge nie!!!!!!!!!!!!! Dankie Juf Nel mag geregtigheid seevier jy is menigte ouer en onderwyser se Hero!!!! Geniet die nuweling en hoop om jou eersdaags op jou pos by skool te sien Mnr die skoolhoof ek hoop jy moet jou tassies pak en hoofseun jy hoort nog in graad 11 want jy het gepluk! So kom skandes van die hoof en hoofseun op die lappe ne.

KAREN PRETORIUS ·

JY VERDIEN “N MEDALJE JUF NEL. WONDER MET WAT ALLES ANDERS LIEG EN BEDRIEG DIE SKOOLHOOF SY LEERLINGE EN OUERS?????

Pieter ·

Maak die naam van die skoohoof en sy seun bekend. Waarom moet altyd so morsig van ordentlikheid wees.

Neels Steyn ·

Arlene, jou eerlikheid is soos ‘n vars briesie in RSA. Onder die nuwe “regime” is oneerlikheid en hebsug tot ‘n deug verhef. Ons hoop die KvBA sal die moed van hule oortuiging hê om geregtigheid te laat seëvier want volgens die nuwe Suid Afrika se manier van doen sal meneer die skoolhoof seker nou ‘n inspekteurspos aangebied word vir sy “mannemoed” om regstellende beleide toe te pas! Siesa! Ga!!

Theresa Buitendag ·

Kinders van onderwysers/esse moet nie toegelaat word om na dieselfde skool te gaan waar hulle ouers onderrig nie. Dit veroorsaak baie konflik. In meeste gevalle word die kinders ten koste van die ander leerders voorgetrek. Eerlikheid is vandag ‘n baie seldsame karaktereienskap. Sterkte vir Arlene Nel.

santa zeelie ·

Baie trots op die juffrou! Ongelukkig gebeur dit al hoe meer! Daar moet n reel wees dat geen onderwyser of hoof se kind mag skool gaan daar waar sy ouers skool hou nie! Dis dalk die enigste manier om die oneerlikheid stop te sit! Wie dienk die hoof gaan op universiteit sy kind se punte aanpas?

Harry en Albertine Kruid ·

Lieve Arlene we zijn erg trots op jou, je het gedaan wat je behoort te doen: namelijk het cijfer aan een student geven wat hij verdient!!! Bij ons zou de directeur ontsloegen zijn en niet de docent!,
Nogmaals HULDE!
Harry en Albertine.

Tante Hennie ·

Lieve. Arlene de Familie uit Nederland is trots op je.groeten Tante Hennie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.