“Julle het onskuldige bloed op julle hande”

Malema tydens die Marikana-herdenking Foto: @the_new_age, Twitter

‘n Klankgreep volg onderaan die berig. Julius Malema, leier van die Economic Freedom Fighters (EFF) het Vrydag gesê platinumreus Lonmin en pres. Jacob Zuma is verantwoordelik vir die afsterwe van mynwerkers by Marikana in 2012.

“Julle het bloed op julle hande. Onskuldige bloed,” het hy onder applous by ‘n herdenkingsdiens in Marikana in Noordwes gesê. “Zuma het die polisie gestuur om die stakende werkers op 16 Augustus [2012] dood te skiet.”

Hy sê indien Lonmin met die werkers vergader het, sou die myners nie gesterf het nie.

“Lonmin, jy bly die vyand totdat jy werkers R12 500 [per maand] betaal. Weg met Zuma,” het Malema gesê. Die gehoor het hande geklap.

Malema het geweier om te gaan sit nadat sy tydsduur van drie minute verstreke was. “Ek is ‘n politikus. As jy my uitnooi, sal ek oor politiek praat. Ek gaan nie vir drie minute lank praat nie,” het hy aan Dali Mpofu, wat die program gelei het, gesê.

Die afsterwe van 44 mense tydens ‘n onbeskermde staking verlede jaar in Marikana is Vrydag herdenk. Altesaam 34 mynwerkers is op 16 Augustus dood nadat polisiebeamptes op hulle losgebrand het. Die werkers, wat met spiese, pangas, ysterstawe en knopkieries bewapen was, het op ‘n koppie bymekaar gekom. Hulle het op ‘n maandelikse salaris van R12 500 aangedring. Tien mense, insluitend twee polisiebeamptes, is die week vantevore tydens die gewelddadige betoging oorlede.

Die skare het Malema toegejuig toe hy by die herdenkingsgeleentheid opgedaag het. Hy het sy rooi EFF-baret, ‘n swart hemp en sonbrille aangehad.

Malema het gereël dat prokureurs die 270 mynwerkers verteenwoordig wat ná die skietery in hegtenis geneem is. Hy was in daardie stadium die geskorste leier van die ANC-jeugliga. Hy is later uit die ANC geskors.
[soundcloud url=”http://api.soundcloud.com/tracks/105724149″ params=”” width=” 100%” height=”166″ iframe=”true” /]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Trippie ·

“Julle het bloed op julle hande. Onskuldige bloed”

Netso Aap Malema, jy en die ou vir wie jy sou sterf, dis julle wat bloed aan julle hande het met die sing van “One settler, one bullet” / Skiet die Boer.

Ek stort GEEN traan oor hierdie sterftes nie.

Polisie het na my mening reg opgetree (een van die min kere). Wanneer jy opdaag met tradisionele wapens, is dit beslis NIE om oor ‘n koppie tee en koekies te kuier nie.

Hendrik ·

Bedank die lot en kry mense wat wil werk! En gee die afgedanktes vir MALema dat hy R12 500 per maand aan hulle betaal!

Seg Net ·

Hierdie verskyning van hom is geen verrassing nie. Sy hoofdoel was om stemme te werf en niks anders nie. Die myn werkers en jong werklose swart plaffer jeug steun hom aangesien hy die regte geluide maak wat hulle wil hoor.

H J Bester ·

Malema is besig om stemme te werf met die oog op die 2014-verkiesing en sal dus geen steen onaangeroer raak om sy taak te verwesenlik nie.

Die ANC-ondersteuners is tans Malema se beste teiken omdat hulle meer vatbaar is vir al sy revolusionêre praatjies. Malema se gebruiklike nasionaliserings- en grondgryp dreigemente, val goed op die oor van die deursnee ANC-ondersteuner want dit hou sogenaamde rykdom vir almal in.

Tans is die ANC bekommerd oor Malema se steunwerwery en het nog nie ‘n teëvoeter vir sy populêre slagspreuke nie. Die ANC gaan in elk geval die verloorder wees !

Seg Net ·

H J Ek glo nie Zuma sal dit te ver laat gaan nie. Hy het van hom binne die anc ontslae geraak en is besig om van Vavi ontslae te raak. Zuma sal sy kaart speel as die tyd reg is. Hy duld nie teenstand nie en het dit al verskeie keer bewys. Onthou net daar hang korrupsie klagtes teen Malems en indien Zuma sy vingers klap sit Malema. Alhoewel Malema hom blykbaar nie daaraan steur nie en Zuma beledig indien hy die kans gegun word. Sy dag is nader as wat hy dink.

HELENA SEABORNE ·

ag siestog en wat van al die blankes wat elke dag onskuldig vermoor word deur sy trawante.

Ivor ·

Ek hou so van hierdie binnegevegte. Al wat ons moet doen is om op die pawiljoen te sit en die spel te geniet wat voor ons afspeel. En dis gratis.

Gawie Botha ·

,Malema is een van die nuwe “Warlords”,,,,,,,,saans op die aandwind,kan jy die oorlogstromme se gedreun saggies hoor!,wees maar versigtig vir hom!

Eben ·

Malema jy lyk te oulik met jou EFF hoedjie …. ek bedoel FL hoedjie dit pas jou want dit maak van jou n grote aap as wat jy is!

Waar wat jy skrywe IVOR … die show is gratis en ons gaan te lekker hande klap op die einde! Hulle gaan mekaar uitroei!

Paul ·

En hulle beroof ons van ‘n vakansiedag, ons moes mos nou ‘n laaaaaangnaweek gehad het soos met Sharpville. Dit gaan tyd neem voordat 16 Augustus weer op ‘n Vrydag, ‘n Maandag of ‘n Sondag gaan val en ons het ‘n langnaweek gemis.

Seg Net ·

Paul ja my vriend dit is van al die vakansie dae, stakings, wegbly aksies, AWOP, AWP, afsiek boek, vroeg van die werk wegloop, onproduktief is ens. wat maak dat die land in sy moer in is en die ekonomie is waar hy is. Ons is op pad na ‘n resessie en jy vra nog vir ‘n vakansie dag. Dit is tyd dat ons Suid Afrikaners se oe begin oopgaan, as dit nie al klaar te laat is nie.

Peter Bezuidenhout ·

In die bos…Uit die bos,jy sal nooit verander nie mal…emma.Gaan kyk tog bietjie hoe word n baret behoorlik gedra…terloops,jou onbeholpe pogings gaan jou in die tronk laat beland.

brampie ·

Die aap kyk te veel movies, hy gaan verseker sy gat sien sonder ‘n spieel, ek stem, ons wag maar op die kantlyn en laat hulle van mekaar ontslae raak. Mal…doos, vergeet so bietjie dat hy deel was van die ANC en toe was dit die wittes wat sleg was en wat uitgeroei word, nou dat hy nie sy sin kry, nou ewe skielik is dit die swartes en die ANC. Ha ha, ons moet eintlik dankie se vir die doos, met sy nuwe party vat hy soveel stemme weg van die ANC af, maar sy party sal nooit groot genoeg wees om oor te vat nie, so dis nou kans vir DA!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.