“Juridiese korrupsie in SA nader breekpunt”

Richard Mdluli

Richard Mdluli

Die hoogaangeskrewe Bostonse koerant, die Christian Science Monitor, dra Vrydag ‘n artikel waarin besluite om beskuldigdes met politieke bande in Suid-Afrika “letterlik met moord te laat wegkom” onder die loep geneem word.

Die artikel deur die koerant se Suid-Afrikaanse korrespondent, Jerremy Kutner, fokus hoofsaaklik oor die omstrede geskorste hoof van misdaadintelligensie, Richard Mdluli.

Kutner wys daarop dat Suid-Afrika ‘n grondwet het wat internasionaal hoog aangeslaan word, en ‘n vurige onafhanklike regstelsel, maar te veel aanklaers kom onder skoot dat hulle voor politieke druk swig. Hy skets ‘n verband tussen hierdie bedenkinge oor die aanklaers en die feit dat Suid-Afrika nou sy eerste verkiesing tegemoet gaan sedert die afsterwe van oud-president Nelson Mandela.

Kutner is baie krities in sy beskrywing van die Nasionale Vervolgingsgesag, beginnende by die terugtrek van meer as 700 aanklagte teen pres. Jacob Zuma self, die Selebi-sage, die debakel rondom Glynnis Bretenbach, en Mdluli.

Hy wys daarop dat daar versigtige optimisme is oor die nuwe direkteur van Nasionale Vervolging, Mxolisi Nxasana, “wat minstens blyk ‘n skandaalvrye verlede te hê”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarie van Niekerk ·

Ek kan nie meer met die skrywer van die artikel saamstem nie. Dit is skokkend hoe vermeende misdadigers met sterk ANC-bande letterlik met moord wegkom en dan draai hulle ook nog voor die tronk se deure om nadat hulle reeds gevonnis is en dan skielik ‘n terminale siekte ontwikkel wat tien jaar later nog steeds ie die slagoffer geeis het nie. Aan die anderkant van die skaal kyk ons byvoorbeeld na die twee jongmans van die sogenaamde Waterkloof 4, wat op wettige wyse op parool vrygelaat is maar omdat die ANC nie daarvan gehou het nie, sit hulle wragtigwaar weer vandag in die tronk. Ons land het eenvoudig net nie meer ‘n regstelsel nie en Zuma laai daagliks die howe met mense wat die ANC goedesind is en alles sal doen om hulle uit die tronk te hou, of glad nie eers sal vervolg nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.