Justin Bieber kom dalk SA toe

Aanhangers van Justin Bieber het Woensdag opgewonde geraak oor die nuus dat dié tiener popsensasie miskien Suid-Afrika toe gaan kom. Bieber het Dinsdagaand getweet dat Suid-Afrika deel uitmaak van sy Believe-wêreldwye toer. Dié toer skop op 29 September in Glendale, Arizona, af.

Big Concerts het gesê Justin Bieber se konsert in Suid-Afrika is nog nie bevestig nie, berig Nuus24. Gwen Ironsi, woordvoerder van Big Concerts, sê hoewel Bieber se besoek aan Suid-Afrika nog nie bevestig is nie, hoop hulle wel om hom in Suid-Afrika te kry.

Volgens sy toerskedule sal dié toer in April 2013 in Engeland begin. Dit is onwaarskynlik dat hy voor einde 2013 in Suid-Afrika sal optree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.