Jy kan Vodacom net sóveel keer bel

Daar is glo ‘n beperking op die aantal keer wat ‘n kliënt Vodacom kan bel.

“Kliënte kan die Vodacom-kliëntedienssentrum slegs 20 keer per maand bel,” het Richard Boorman, woordvoerder vir dié sellulêre netwerk, aan Saturday Star bevestig. Volgens Boorman ontvang die kliënt ‘n ander nommer om te skakel indien hy meer as 20 keer geskakel het, “sodat ons aan werklike navrae aandag kan gee”.

Zandel Robson, ‘n kliënt van Vodacom, het aan die Saturday Star gesê sy het bewus geraak van dié beperking nadat sy na ‘n nuwe woonstel geskuif, en besef het haar 3G-internet wil nie meer werk nie. “Toe ek aanvanklik ingetrek het, het dit gewerk. Maar later het dit uitgesny en wil sedert 21 Februarie glad nie meer werk nie,” het Robson gesê. Nadat sy vyf tot ses ure lank met Vodacom se inbelsentrum in verbinding was, het Vodacom ‘n tegnikus na haar huis gestuur. “Hy het gesê daar is geen sein in my woonstel nie. Hy het aangeraai ek bel Vodacom weer en dat ek moet probeer om ‘n versterker of langer ligdraad in die hande te kry. Maar toe ek weer bel, het ‘n outomatiese stem aan my gesê ek het die aantal keer wat ek kan bel oorskry, en dat ek verbied is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.