Kaal man sit in wasmasjien vas

wasmasjien‘n Kaal man van Australië moes rooi in die gesig die polisie se hulp ontbied nadat hy, terwyl hy glo wegkruipertjie gespeel het, in ʼn wasmasjien geklim het en nie weer kon uitkom nie.

Die man van Melbourne het Saterdag in ʼn bo-laaier wasmasjien geklim in ʼn poging om sy meisie te verras wanneer sy by die huis aankom. Hy het egter vasgesit, wat ʼn delikate reddingspoging tot volg gehad het. Die polisie, brandbestryders, paramedici en die plaaslike soek- en reddingseenheid was by die reddingspoging betrokke. Die polisie en reddingspanne moes die man se lyf vol olyfolie smeer om hom uit sy penarie los te wikkel.

“Dit was net ʼn speletjie wat verkeerd geloop het. Dit was duidelik vir die man ʼn groot verleentheid,” het sers. Michelle De Araugo, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

– SAPA/AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Erich Goosen ·

Die man het dalk verwag dat sy meisie hom met olyfolie sal pamperlang en toe gryp die polisie in.

Ria Maritz ·

Laat dit vir hom ‘n les wees !

Wonder wat was die meisie se reaksie, het sy die “wegkruipertjie-speletjie” waardeer.

Nietemin, ek kon nie help om lag nie. Dit gee ‘n heel nuwe betekenis aan WEGKRUIPERTJIE speel.

Grassie ·

Hy kan bly wees iemand het nie die wasmasjien aangeskakel nie, miskien op “spindry”. Dink net wat van hom sou alles opgewen gewees het.

Justi ·

Het ek nie lekker gelag oor die man se “wegkruip” nie.

Iets se vir my hy was nie juis n groot geboude man nie?

Sy meisie het seker baie besorgd voorgekom………….maar tog te lekker gelag wanner hy nie kyk nie. (Wel ek sou beslis, he he he)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.