Kaalbas-kletsers afgepers

ʼn Handjievol internetgebruikers in Nieu-Seeland word afgepers nadat hulle kaalbas aan ʼn geselssessie met swendelaars oorsee deelgeneem het.

NetSafe, ʼn organisasie wat hom toespits op internetveiligheid, het Maandag gesê die swendelaars het gedreig om die beeldmateriaal van die gesprek op ander webwerwe te laai. Van die slagoffers het glo tot $500 (bykans R5 000) aan swendelaars in die Filippyne en Marokko betaal.

“Dit is ʼn baie moeilike situasie waarin so persoon homself bevind,” het Martin Cocker, hoof uitvoerende beampte van NetSafe, gesê. “Daar is gebruikers wat bang is dat vriende of familie die video’s sal sien of dat hulle selfs hul werk kan verloor. Sodra die eerste bedrag betaal is, neem die versoeke vir meer geld net toe.”

Volgens NetSafe het Nieu-Seelanders die afgelope 12 maande sowat $3.5 miljoen (ongeveer R35 miljoen) aan swendelaars betaal. Sowat een derde van dié geld hou verband met bedrog op afspraak- en romansewebwerwe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pattie Rossouw ·

Ek verkoop pille vir domgeit, special prys van R1000 elk..!!!! hehehe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.