
‘n Palestynse jongeling wie se hare deur die polisie afgeskeer is, en sy maat wat die skeermes vrygespring het. Foto: AP
Jong manne met lang hare of swierige kuiwe, of selfs net broeke wat agterlangs effens hang, is in die Gazastrook hardhandig deur Palestynse polisie in Jeeps gelaai, en te midde van spot en uitjouery poenskop geskeer.
Vise-premier Ziad al-Zaza van die Hamas-beheerde Gaza-strook het die polisieoptredes as baie beperkte, geïsoleerde gevalle beskryf wat nie herhaal sal word nie.
Sommige waarnemers beskou die voorvalle egter as voorbeelde van Hamas se implementering van al hoe meer fundamentalistiese gebruike. Die parlement van Gaza het pas ‘n wet aanvaar wat daarvoor voorsiening maak dat seuns en meisies vanaf die ouderdom van nege, nie meer saam sal kan skoolgaan nie.