Kaalnaeler-dominee afgedank

Ds. Steyn Venter van Bloemfontein wat paartjies aangeraai het om kaal deur stedelike parke te hardloop, is deur sy kerk afgedank.

Venter van die Sewendedag-Adventiste Kerk in Bloemfontein is onmiddellik afgedank na sy dissiplinêre verhoor, het Volksblad Vrydag berig. Die kerk en Venter het geweier om verder kommentaar te lewer. Venter, wat huweliksberading doen, is deur gemeentelede aangegee nadat hy “onbehoorlike advies” gegee het. Paartjies is glo aangesê om kaalbas deur parkies te hardloop en foto’s is ook glo van een paartjie geneem. “Ek voel sleg oor dit wat gebeur het, maar gelukkig is dit nou verby,” het een van die “slagoffers” gesê. Luidens ‘n koerantberig in Julie het een van die paartjies ingestem om gefotografeer te word. Die dominee het glo afskrifte van die foto’s gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.