Rampbestuurspanne in die Kaapse Skiereiland is op ‘n hoë gereedheid geplaas vir moontlike oorstromings.
Temperature in die provinsie het skerp gedaal en die kanse vir reën is sowat 80%, berig RSG.
Wilfred Solomons-Johannes, ‘n woordvoerder van rampbestuur vir die Stad Kaapstad, sê met soveel reën is die moontlikheid van oorstromings nie uitgesluit nie. Hy het inwoners naby die kus en motoriste gewaarsku om uiters versigtig te wees in die nat en winderige weerstoestande.