Kaap na Rio-reddingspoging duur voort

Kaap na Rio-seiljagte Foto: Sapa/Verskaf

Kaap na Rio-seiljagte Foto: Sapa/Verskaf

Vaartuie word Woensdagmiddag van Houtbaai ontplooi om te help met reddingspogings ná rowwe seetoestande verskeie seiljagte in die Kaap na Rio-wedren geraak het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.

“NSRI Houtbaai sal ʼn paar reddingsvaartuie ontplooi om by die JS Yangtse naby Mouillepunt aan te sluit. Hulle sal twee Franse bemanningslede vervoer wat hul seiljag, die Idefix 2, in die see moes verlaat,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, gesê. “Die twee seiljagvaarders sal na die hawe in Tafelbaai gebring word.”

Die Idefix 2 was nie deel van die wedren nie, maar het in dieselfde stormsterkte wind as die deelnemers in die moeilikheid beland. Dié seiljag is sowat 216 seemyl van die Kaapstadse kus in die see gelaat.

“Die JS Yangtse, wat die naaste skip was, het op versoek van die Maritieme Reddingskoördinasiesentrum (MRCC) reageer, maar die Idefix 2 het reeds weggedryf toe hulle daar aangekom het en kon nie met ʼn telefoon of radio opgespoor word nie.” Die JS Yangtse het na ʼn lang soektog uiteindelik kontak gemaak met die seiljag en die twee Fransmanne gered.

Twee seiljagte is Dinsdag ook na veiligheid gebring.

Een persoon het oor die naweek in die wedren omgekom. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.