Kaap nog nie uit koue se kloue

Argieffoto.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Dinsdag gewaarsku dat nóg ʼn kouefront die Kaap getref het.

Volgens die weerdiens gaan die koue weer na verwagting tot die naweek voortduur. Saam met die koue kan stormsterkte winde in die Skiereiland verwag word. Swaar reën word vir Woensdag oor die Skiereiland, die Overberg en die suidwestelike dele van die Kaapse wynland verwag. Die verwagte windspoed kan tot 75 km/h toeneem langs die kusgebied tussen Kaappunt en Kaap Agulhas. ‘n Waarskuwing vir moontlike oorstromings is ook uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Vonk ·

Niks vreemd nie,ons is gewoond aan hierdie weer,lente begin eers in Oktober hier by ons,lekker kaggel en rooiwyn weer.My hart gaan wel uit na die wat nie beskerming het teen die elemente.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.