Foto’s: Kaap van Storms doen sy naam gestand

Foto deur die gebruiker @biancahaarhoff op Twitter gelaai

Chapman’s Peak-rylaan is gesluit en meer as 2 000 mense is dakloos gelaat ná ‘n koue front en storms Kaapstad Saterdagaand getref het.

“Ons het Saterdagaand donderstorms regoor die Kaapse Skiereiland gehad,” het Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder vir die stad se rampbestuureenheid, gesê. “Rukwinde het skade en verwoesting gesaai.” Sowat 2 270 mense is dakloos gelaat en 547 plakkershutte is beskadig deur storms en vloede in Bishop Lavis, Houtbaai en dele van Gugulethu, Strand en Khayelitsha. ‘n Begraafplaas in Philippi is oorstroom. Huise se dakke is op ander plekke afgewaai.

‘n Aantal informele nedersettings in Atlantis, Blackheath, Elsiesrivier, Kalkfontein, Langa, Lavender Hill, Lotusrivier, Milnerton en Parkwood is oorstroom.

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het “buitengewone noodreëlings” versoek.

Solomons-Johannes sê sneeu het oornag op die westelike hoë grond van die Wes-Kaap geval en die suidelike hoë grond van die Noord-Kaap. Hy raai boere aan om voorkomingsmaatreëls te tref om hul vee en oes te beskerm.

EWN het Sondag berig Chapman’s Peak-rylaan is gesluit ná modderstortings in die gebied. Solomons-Johannes het gesê die pad sal onbepaald gesluit bly.
[nggallery id=132]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Frik Linde ·

Sjoe – die twee koue fronte op mekaar se hakke het beslis die winter met mening ingelei! Die Witteberge naby Matjiesfontein en by die Witteberg Privaat Natuurreservaat is ook onder sneeu bedek -die maksimum temperatuur vandag was 5,2 grade C.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.