Kaapse entrepreneur haal Forbes-lys

Sizwe Nzima Foto: sapeople.com

‘n Man van Kaapstad het Forbes-tydskrif se 30 onder-30s van Afrika se jong entrepreneurs-lys gehaal.

Sizwe Nzima (21) het in 2012 by die Raymond Ackerman Akademie vir Entrepreneuriese Ontwikkeling gegradueer en beheer nou Iyeza Express, het die Cape Argus berig. Sy onderneming in Khayelitsha gebruik fietse om chroniese medikasie by pasiënte af te laai. Forbes noem dit ‘n “innoverende onderneming,” het die Cape Argus op IOL.co.za berig. Nzima het glo vier werknemers wat die medikasie van staatshospitale en klinieke by die pasiënte se huise gaan aflaai. Die pasiënte betaal ‘n minimum R10-fooi vir die diens.

Nzima het begin deur sy ouma se medikasie te gaan haal en af te laai, en het nou meer as 250 kliënte. Volgens die koerant hoop hy om plaaslik en selfs nasionaal sy besigheid uit te brei. “My kliënte waardeer die voorreg van hul medikasie en ander dinge wat by hulle afgelaai word wanneer hulle met hul eie verantwoordelikhede besig is of nie self by die hospitaal of kliniek kan uitkom nie. Sommige van die ouer mense voel dat iemand vir hulle sorg, as mens hulle kritieke gesondheidsprobleme in ag neem,” het Nzima aan die Cape Argus gesê.

Bron: Cape Argus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.