Kaapse man ʼn ‘gevaar’ vir jong meisies

ʼn Bejaarde man wat tereg staan op verskeie aanklagte van seksuele misdrywe is ʼn gevaar vir jong meisies wat in armoede leef, het die Goodwood-distrikshof in Kaapstad gehoor.

Die 77-jarige man staan tereg op 22 aanklagte. Staatsaanklaer Mario September sê dit moontlik dat nog aanklagte by die klagstaat gevoeg kan word. Die man, wat se naam nie bekend gemaak kan word tot hy gepleit het nie, het Donderdag om borg aansoek gedoen. September sê indien die man vrygelaat word, hy ʼn gevaar vir kinders sal inhou. “Ek is nie skuldig nie en het niemand misbruik nie,” het die man geprotesteer. September het beskryf hoe die man glo pornografiese video’s saam met kinders in sy huis in Richwood gekyk het. “Jy kan soveel oordryf as wat jy wil maar ek nie sal skuldig pleit nie,” het die man gesê.

Kartonbokse vol pornografiese tydskrifte en plastieksakke vol pornografiese video’s het teen die muur in die hof gestaan. Van die video’s bevat glo sekstonele met kinders en ander met diere. Die man het aan die hof gesê hy het geen vorige veroordelings nie en dat hy nog nooit in hegtenis geneem is nie. “Ek is nie die tipe persoon wat in die moeilikheid beland nie.” Die man sê hy het sy eie besigheid. Hy het aan die hof gesê hy is vier jaar gelede met MIV gediagnoseer. Hy is geskei en het sedertdien so nou en dan ʼn vriendin gehad en talle seksuele verhoudings. Hy beweer hy kan egter nie meer seks hê nie aangesien sy prostaatklier glo geopereer is. Sy borgaansoek is tot volgende week Vrydag uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kaspaas Breekwater ·

Ek het gedog dit is net news24.com wat kommentaar verwyder, nou sien ek myne is ook verwyder, en ek het niks gese wat ek nie hardop in enige kerk met enigiemand sal bespreek nie. Sal nou maar ‘n ander webwerf moet soek.

Jenny Upshon ·

Ek glo as die man wel skuldig is en ‘n gevaar vir ander inhou soos berig, behoort dit publiek gemaak te word (soos met pedofiele in sekere ander lande die geval is; hulle het ‘n register waartoe publiek toegang kan he)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.