Kaapse onnie in hof oor dagga

Graeme Carr, ‘n inwoner en onderwyser van Kaapstad, het Maandag in die hof verskyn nadat 150 daggaplante in sy besit gevind is.

Die Daily Voice het Dinsdag berig Carr is deur die Wynberg-landdroshof op R3 000 borgtog vrygelaat. Die plante het ʼn geskatte straatwaarde van R250 000.

Hy is Vrydag in hegtenis geneem nadat die polisie verrigtinge by sy huis in Kenilworth vir omtrent ʼn week dopgehou het.

Die polisie het aan die koerant gesê die daggaplante is in spesiale houers in kamers in sy huis gekweek. Carr is glo ʼn kunsonderwyser by ʼn naskoolse instansie in Gugulethu.

Carr moet weer 25 Julie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.