Kaapse pediater vermis

Dr. Louis Heyns

Dr. Louis Heyns (59), ’n dosent aan die Universiteit van Stellenbosch se mediese fakulteit en ook ’n pediater by die Tygerberg-hospitaal, word sedert Woensdagaand vermis.

Heyns se skoonseun, Alwyn Swart, het Vrydag aan Maroela Media gesê Heyns is Woensdag omstreeks 20:30 vir die laaste keer gesien. “Hy het sy ouer broer in Somerset-Wes gaan besoek. Hy het nog vir sy broer gesê hy moet gaan voorberei vir ʼn lesing wat hy Donderdag sou aanbied,” het Swart gesê.

Heyns het onderweg na sy huis in Welgelegen, sowat 40 minute se ry vanaf Somerset-Wes af, vermis geraak. Sy vrou het onraad vermoed toe hy teen 24:00 nog nie by die huis opgedaag het nie. Sy het hom op sy selfoon probeer skakel, maar sy selfoon was af.

Die gesin het Heyns Donderdag by die polisie as vermis aangemeld. Die Somerset-Wes-polisie ondersoek die saak.

Sy voertuig, ʼn donkergrys Peugeot 308, het nie ʼn satellietopsporingtoestel in nie. Enigiemand wat sy voertuig met die registrasienommer CY121038, gewaar of weet waar hy hom bevind, word versoek om die ondersoekbeampte, Hannes Niemandt, te bel by 076 410 2500.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nana Rechner ·

UPDATED: MISSING: Parow WC Transferred to Somerset West WC Louie Heyns 59 yr 22 May 2013. Circumstances: OB2/05/2013 Dr Louie Heyns went missing on 22 May 2013 at 20.20 pm. He was visiting her brother in Somerset West went missing on his way home to Welgelegen. He drove a dark Grey Peuguot 308 model 2012 Reg CY 121 038. He was last seen wearing dark brown pants and a fleecy grey jacket. The case has been transferred to SAPS Somerset West WC but calls to WO Spannenberg Parow also Cell 0824113292 /PLTT 0722147439. Please share download a flyer and send thanks PLTT. SOMERSET WEST WC – IO WO H NIEMAND IO CELL 076 410 2500

I wish to pose the question that as one of the biggest missing person org in SA your media never share our flyers.

Minors Missing _ The Pink Ladies org for missing children NGO 2007

Nana Rechner.
0722147439
[email protected]

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.