Kaapse sakeman wreed vermoor

Alexander Otten, ʼn 53-jarige beleggingsbestuurder van Kaapstad, is oor die naweek dood aangetref in sy vakansiehuis naby Velddrif.

Die Cape Times het Dinsdag berig Otten, die eienaar van Northstar Asset Management, se hande en voete was vasgebind en ʼn plastiese sak was oor sy kop getrek. Hy het ook ʼn kopwond gehad.

Adjudant-offisier November Filander het gesê die motief vir sy moord word verbind met die roof. Twee verdagtes, onderskeidelik 22 en 26 jaar oud, is Maandag in St Helenabaai in hegtenis geneem en moet Woensdag in die Vredenburg-landdroshof verskyn.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.