Kaapse student wat verdrink se naam bekend

Die NSRI soek na Michael Gresak. Foto: NSRI

Michael Gresak, ʼn 23-jarige student van Wynberg in Kaapstad, se naam is bekend gemaak nadat hy Woensdagmiddag tydens ʼn uitstappie saam ander studente by Clifton se vierde strand verdrink het.

Maroela Media het vroeër berig Gresak was deel van ʼn groep studente van Rosebank Progress College.

Bruce Davidson, die stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se Bakoven tak, sê NSRI-vrywilligers van Bakoven, Tafelbaai en plaaslike owerhede het omstreeks 15:15 op ʼn oproer reageer dat die student vermis geraak het terwyl hy gaan swem het.

“Hy was op die strand saam die ander studente toe hy glo besluit het om na Duiker Rock te swem. Hy het in die moeilikheid beland en hulp is ontbied,” het Davidson gesê.

ʼn Grootskaalse soektog is in die gebied van stapel gestuur. Die polisie se duikeenheid het Gresak se liggaam onder die water gekry en na die strand geneem. Paramedici het hom op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.