Kaapse trokdrywer aan die brand gesteek

ʼn Vragmotorbestuurder van Kaapstad veg om sy lewe nadat hy Maandagmiddag deur stakende vragmotorbestuurders aan die brand gesteek is.

Die voorval het in Manenberg plaasgevind, het die Cape Times Woensdag berig.

ʼn Dokter by die GF Jooste-hospitaal het gesê die man is in ʼn kritieke toestand. “Die man is aangeval waarna petrol oor hom gegooi en hy aan die brand gesteek is,” het hy gesê.

Die 62-jarige bestuurder is in die hospitaal opgeneem met brandwonde aan sy gesig en hande. Sy brein is glo ook beskadig as gevolg van ʼn tekort aan suurstof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.