Kaapse vloede raak duisende

Meer as 1 500 mense word deur oorstromings geraak as gevolg van swaar reën in die Kaapse Skiereiland.

Maroela Media het Saterdag berig rampbestuurspanne in die Kaapse Skiereiland is op ‘n hoë gereedheid geplaas vir oorstromings nadat temperature in die provinsie skerp gedaal en die swaar reën veroorsaak het.

Wilfred Solomons-Johannes, ‘n woordvoerder van rampbestuur vir die Stad Kaapstad, sê gebiede waar oorstromings voorkom sluit Uitsig, Happy Valley in Blackheath en dele van Khayelitsha en Gugulethu in.

Hy sê rampbestuur voorsien sandsakke om vloedwater te probeer keer asook komberse en klere aan die slagoffers. Die koue, nat weer sal na verwagting vir die res van die dag voortduur.

Hy het inwoners naby die kus en motoriste gewaarsku om uiters versigtig te wees in die nat en winderige weerstoestande.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.