Kaapse vrou verloor arm ná Boerboel-aanval

ʼn Vrou het Donderdag haar arm verloor na ʼn boerboel haar in Uitenhage, in die Oos-Kaap, aangeval het.

Volgens luitenant-kolonel Priscilla Naidu, ʼn polisiewoordvoerder, is Heila Greeff omstreeks 08:00 tydens haar daaglikse stapsessie aangeval.

“Die boerboel het uit sy erf gebreek en Greeff in die pad aangeval. ‘n Buurman het Greeff hoor skreeu en haar gaan help. Hy is ook gebyt en word in die Cuyler-kliniek behandel.” Greeff se regterarm is tydens ‘n noodoperasie in die Netcare Cuyler-hospitaal geamputeer.

Die Dierebeskermingsvereniging het die eienaar gehelp om die hond na die veearts te neem, waar hy glo uitgesit is. Die polisie het gesê geen strafregtelike saak is nog aanhangig gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.