Kaapse winde laat een dood, hospitale dakloos

Argieffoto.

Argieffoto.

Een persoon is dood en talle beseer toe hul huise Donderdag weens stormsterkte winde in die Oos-Kaap meegegee het.

Volgens Sizwe Kupelo, ʼn woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van gesondheid, het die voorval in Queenstown plaasgevind en is nege beseerdes na die Frontier-hospitaal geneem.

“Een van die beseerdes is in ʼn kritieke toestand na die Frere-hospitaal oorgeplaas vir verdere behandeling,” het Kupelo gesê.

Erge winde het ook gedeeltes van die dakke van die Nelson Mandela akademiese hospitaal in Mthatha, die Glen Grey-hospitaal in Lady Frere en die Cofimvaba-hospitaal afgewaai.

Volgens Kupelo gaan ʼn span geboukundiges Vrydag die hospitale besoek om die omvang van die skade te bepaal.

“Geen beserings is by die hospitale aangemeld nie en alle pasiënte is veilig,” het Kupelo gesê.

Lt.kol. Mzukisi Fatyela, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê ʼn muur van die Mthatha Plaza het ook gister in die storm omgewaai. “Die muur het op drie voertuie beland, maar niemand is beseer nie,” het hy gesê. Hy sê egter ses mense is in die Zimbane informele nedersetting in Mthatha beseer.

Die winde het teen 21:00 Donderdagaand begin bedaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.