Die burgemeester van Kaapstad, Patricia De Lille, se man is gister in Pinelands in hegtenis geneem vir beweerde roekelose en nalatige bestuur.
De Lille het egter aan die Weekend Argus gesê dat haar man ʼn beroerte gehad het en dat metrobeamptes ʼn ambulans ontbied het nadat hulle hom in hegtenis geneem het. Volgens De Lille was haar man, Edwin, gedisoriënteerd en verward. Hoewel De Lille haar man se inhegtenisneming bevestig het kon geen woordvoerder van die Stad Kaapstad dit aan die Weekend Argus bevestig nie. Volgens De Lille was dit haar man se tweede beroerte in drie weke. De Lille het haar man na hulle huidsdokter geneem wat sy bloeddruk gestabiliseer het. “Hy het medisyne ontvang en sal volgende week vir ʼn opvolgbesoek gaan.” Volgens die Weekend Argus het die polisie geen rekord van die inhegtenisneming nie.
Lees meer hier.
hulle sal enige iets doen om haar in n swak lig te stel, want sy krap al die bedrog uit!! Ek love Patricia!!
Ek stem saam met jou Trudie – ek love Patricia.
Net so min as wat ons verantwoordelik is vir ons mans/kinners of watter familie ook al se doen en late,net so is dit dieselfde met haar en ja di outjies sal enige iets doen om die wes Kaap terkug te kry vanaf die DA. Ek hou die koerante/nuus dop en hoop haar man word gou beter
Dis ‘n BAIE SWAK opskrif vir hierdie artikel. Net toe ek ‘n Maroela Media aanhanger begin word….
Die opskrif is geensins ‘n weerspieëling van die inhoud nie. Die man is beslis nie “vas” nie. Vas vir wat? Dit sinspeel daarop dat hy ‘n misdadiger is terwyl dit duidelik blyk dat hy dit nie is nie. Ek is teleurgesteld in MM :( :(
Ek stem saam met die kometaar