Kaapstad doen stappe teen oproerige sport-ondersteuners

Ivan Meyer, die Wes-Kaapse LUR van sport, het streng maatreëls voorgestel om oproerige sport-ondersteuners in toom te hou.

Meyer het onder andere voorgestel dat daar voortaan meer veiligheidswagte by rugbywedstryde aangestel moet word en dat oproerige ondersteuners vir ʼn jaar lank van byeenkomste verbied moet word, het die Cape Argus Donderdag berig.

Hy wil ook hê dat kringtelevisiekameras voortdurend die skare moet monitor op te tree voor konfrontasies plaasvind.

Talle mense het oor sommige ondersteuners se optrede tydens Saterdag se Super 15-wedstryd tussen die Crusaders en Stormers by Nuweland gekla.

Oregan Hoskins, SA Rugby se president, het gesê die minagting vir die Stormers-ondersteuners van Nieu-Seelandse ondersteuners het ‘n vlak van “uiterste misbruik en minagting” bereik. “Ek kan nie verklaar waarom ʼn groep volgelinge van die Kaap verkies om Nieu-Seeland-spanne te ondersteun nie. Hulle het ook verskeie spelers soos Gio Aplon, Juan de Jongh en Siya Kolisi toegesnou toe hulle uit die bus geklim het,” het Hoskins gesê.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gert Verster ·

Mense sonder tande wat te veel suurwyn drink maak maar so

H J Bester ·

Die oproerigheid word veroorsaak en aangeblaas deur onpatriotiese Suid-Afrikaners van hoofsaaklik gekleurde herkoms wie geen plaaslike sportspanne ondersteun nie maar wat hoofsaaklik Oorsese spanne en dan in die besonder dié van New Zealand ondersteun. Hul motief is gegrond in die politiek van destyds – ‘n tydvak wat reeds vir jare lank aan die verlede behoort. Hierdie anti-Suid-Afrikaanse mense se optredes is dus vreemd en onverstaanbaar.

Dit sal maar sukkel om ”n oplossing vir die huidige probleem met oproer te kry buiten om drank en bakleiery te verbied deur die skuldiges te verwyder. Maar die blantante gekoggel en uitjouery van die Suid-Afrikaanse spanne sal met geen reël gestop kan word nie as maar net om die skuldiges te oortuig om ‘n hartsverandering te oorweeg – en dit sal sekerlik nie maklik wees nie. ‘n Oplossing lê in die besonder in die mate wat ander lojale gekleurde burgers met oortuigingswerk kan begin en hul onpatriotiese eweknieë tot ‘n ander siening kan oortuig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.