Kaapstad-dwelmhandelaar vas

Argieffoto

ʼn 26-jarige man van Kaapstad is Sondagmiddag in hegtenis geneem nadat dwelms ter waarde van R25 000 in sy besit gevind is.

“Die polisie het die man in Delft gewaar in ʼn gebied wat bekend is vir dwelmhandel. Die man het verdag voorgekom en die polisie het hul voertuig gestop om die verdagte te deursoek.  Hy het van die polisie probeer vlug en is agter in ʼn inwoner se erf aangekeer,” het kapt. Frederick van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

Die polisie het die man en die gebied deursoek en op vyf plastieksakkies met sowat 100 mandrax-tablette afgekom. Die man is glo ʼn bekende dwelmhandelaar in die gebied. Hy moet binnekort in die Bellville-landdros verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.