‘n Fietsryer is in ‘n ernstige toestand nadat hy Sondag ‘n baksteenmuur in Kampsbaai, Kaapstad, getref het.
André Visser, woordvoerder vir ER24, het gesê die fietsryer, in sy 30s, het beheer oor sy fiets verloor en die sypaadjie getref. “Die man is bo-oor die handvatsels van die fiets geslinger en het kop eerste die baksteenmuur getref,” het Visser gesê. Hy is hospitaal toe geneem vermoedelik met rug-, nek- en kopbeserings.