Kaapstad gee groen lig dat publiek wetstoepassers na tonele vergesel

Kapenaars gaan binnekort toegelaat word om metropolisiebeamptes en ander misdaadbestrydingbeamptes te vergesel na rampe of misdaadtonele.

JP Smith, die veiligheidshoof van die stad Kaapstad se burgemeesterskomitee, het aan die Cape Times gesê die plan is reeds deur die stadsraad goedgekeur.

Hy sê die “saamrygeleenthede” is ʼn algemene verskynsel oorsee. “Mense oor die ouderdom van 18, sonder enige kriminele rekord, kan aansoek doen om saam sekere eenhede op misdaad- of ramptonele uit te gaan. Die eenhede sluit nié die polisie in nie,” het Smith gesê.

Minderjariges kan ook aan die geleenthede deelneem, mits hulle skriftelike toestemming van hul ouers of voogde bekom.

Smith het gesê die program is daarop gemik om die geloofwaardigheidsgaping tussen die publiek en wetstoepassers te verminder, en om die jeug te werf om ‘n loopbaan in wetstoepassing te oorweeg.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.