Kaapstad-inwoners boikot kantoorpark in Chapman’s Peak

Honderde inwoners van Houtbaai het onderneem om die oprigting van ʼn kantoorgebou op Chapman’s Peakrylaan te boikot, het EWN berig.

ʼn Groot groep inwoners het Sondag aan ʼn optog na die beoogde perseel deelgeneem. Die Wes-Kaapse regering het R25 miljoen vir die projek opsy gesit. Robin Carlisle, LUR vir vervoer in die Wes-Kaap, het gesê dat ʼn publieke deelnameproses die multimiljoenrandse projek goedgekeur het. “Die nodige prosesse is reeds in 2003 voltooi wat bepaal het wat die tolhekke moet wees en hoe dit moet lyk,” het hy gesê. Houtbaai-inwoners het egter gesê dat hulle nie sal toelaat dat ʼn kantoorgebou opgerig word nie en bygevoeg dat dit die “berg sal vernietig”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.