Kaapstad kap bordele

Argieffoto

Owerhede van die stad Kaapstad het in die week op bordele toegeslaan en tot dusver drie bordele se deure gesluit.

Volgens Nathan Ladegourdie, adjunkhoof van die stad se Vice Squad, het die eenheid Maandag saam met die Valke met ondersoeke op beweerde bordele in Milnerton, Claremont en Dieprivier begin.

“Twee vroue is by een van die bordele by ʼn huis in Dieprivier in hegtenis geneem. Hulle word daarvan verdink dat hulle die bordeel bedryf. Die eenheid het op geld, selfone, paspoorte en werkspermitte beslag gelê. Die twee verdagtes moet Donderdag in die Wynberg-landdroshof verskyn,” het Ladegourdie gesê.

Die eenheid fokus ook op prostitusie in Athlone, Parow, Bellville, Brooklyn en Landsdowne en het reeds boetes ter waarde van nagenoeg R15 000 uitgereik.

“Die eenheid gaan aanhou optree teen prostitusie en bordele regoor die stad. Die eenheid is bereid om enige prostituut by te staan wat uit die bedryf wil tree,” het Ladegoudie afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.