Die stad Kaapstad het bekend gemaak dat hy reeds meer as 1 300 selfone van motoriste gekonfiskeer het sedert ‘n verordening wat selfoongebruik reguleer in Julie 2012 ingestel is, berig EWN.
Motoriste wat gevang word dat hulle SMS-boodskappe stuur of sonder ‘n handvrye-toestel op hul selfoon praat terwyl hulle bestuur, se selfone word vir 24 uur lank gekonfiskeer en hulle moet ‘n stewige boete betaal om die telefoon terug te kry. Die boete van R1 100 is in Julie vanjaar ingestel nadat die verordening nie gesels en ry bekamp het nie.
“Sedert 25 Julie is 1 342 selfone gekonfiskeer,” het JP Smith, woordvoerder van die stad, aan EWN gesê. “Altesaam 1 143 van dié selfone is weer afgehaal.” Die nagenoeg 200 selfone, wat nie afgehaal is nie, sal in November op ‘n veiling verkoop word.
Dit sal goed wees as hulle dit in Gauteng ook doen.
Net meer geld vir die staat om te steel, ek sal self kan doen met. R1476 200 per maand, net nog ‘n manier om geld te maak. Jissis maar die spul is treurig!
Wat gebeur met die Metro wat net so lekker op hulle fone sit en praat terwyl hulle besig is om amplike voertuie te bestuur?
Uitstekende idee!!! BRILJANT!!!!
Fantasties, ek bid dit word regoor die land ingestel, ek is n motorfietsryer in iemand wat op n selfoon praat en bestuur is ons ergste nagmerrie!
Bravo! Ek ry nou die dag agter `n dame wat 40km per uur in die vinnige baan ry tydens SPITSVERKEER terwyl sy lustig kekkel op haar foon! Jy sien net hande soos sy beduie dat die spoegspatsels spat! So is jy elk geval `n sagte teiken vir grypdiewe.