Kaapstad maak ommekeer oor Sondag-drankwet

Die Stad Kaapstad het op die nippertjie ‘n mosie ingedien om ‘n artikel van ‘n nuwe drankwet, wat die verkope van drank op Sondae verbied, te wysig.

Die Verordening op Drankverhandeling en -ure wat Maandag in werking sal tree, het sommige verbruikers en diegene in die bedryf ontstig. Kragtens die verordening mag drank net van Maandag tot Saterdag, 09:00 – 18:00, verkoop word. Slegs proekamers op ‘n wynlandgoed mag Sondae wyn verkoop.

Die Cape Times het Donderdag berig Garreth Bloor, burgemeesterskomiteelid van ekonomie, het Woensdag ‘n dringende mosie ingedien om dié handelsure te heroorweeg. “Ons is bewus daarvan dat die verordening beplan is om die probleme van drankgebruik in gemeenskappe aan te spreek, maar werknemers en die bedryf word hierdeur geraak en ons moet dit in aanmerking moet neem,” het Bloor gesê. Hy sê hulle sal slegs die moontlikheid ondersoek om die verbod op verkope in kommersiële nodes te lig, maar nie in woonbuurte nie. Volgens die berig het opposisiepartye die mosie kritiseer, en gesê Demokratiese Alliansie-gesinde besighede plaas druk op die party om die verordening te wysig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.