Kaapstad-man gevang met vuurpyle

ʼn 28-jarige man is met ʼn ongelisensieerde vuurwapen, ʼn rookgrenaat, vuurpyle, ammunisie, en dwelms ter waarde van R108 000 in Woodstock, Kaapstad in hegtenis geneem, het die polisie Vrydag gesê.

November Filander, woordvoerder vir die polisie, het gesê die man is in hegtenis geneem na ʼn wenk wat hulle omstreeks 09:00 Donderdagoggend ontvang het. “Die polisie het in hul soektog by Dublin Mews in Dublinstraat, Woodstock, op ʼn 9mm Browning-pistool, 178g tik, 120 Mandrax-tablette, 80 eenhede heroïen, 70 eenhede kokaïen, een pakkie dagga, 75 verskillende rondtes ammunisie, vier MK8-rooivuurpyle en een MK5-rookgrenaat afgekom.” ʼn MK8-rooivuurpyl is ʼn noodfakkel. Die vuurwapen is in 2007 in Elsiesrivier as gesteel aangemeld. Die man sal Maandag in die landdroshof in Kaapstad verskyn op aanklagte van ʼn ongelisensieerde vuurwapen, besit van ammunisie en handeldryf in dwelmmiddels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.