Kaapstad-man glo van brug afgestamp

Argieffoto

ʼn Man van Kaapstad het Woensdag 15 meter ver na sy dood geval nadat hy glo van ʼn brug af gestamp is.

Die 42-jarige man het na bewering ʼn argument met ʼn vriend gehad, waarna die vriend hom van die R300-brug naby die N1-snelweg afgestamp het, het die Daily Voice Donderdag berig.

Sluipslapers wat in die bosse naby die brug in Brackenfell bly, het aan die polisie gesê hulle het gesien hoe die man van die brug af gestamp is.

Kapt. Frederick van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, het aan die koerant gesê die slagoffer is van Tafelsig.
“ʼn Geregtelike doodsondersoek word uitgevoer en die voorval word ondersoek,” het Van Wyk gesê.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.