Kaapstad-man verdrink op Oukersaand

Foto: panoramio.com via NSRI

Foto: panoramio.com via NSRI

Foto’s volg onderaan die berig. Brett Nerwich (30) van Plumstead in Kaapstad het Dinsdag omstreeks 16:00 in Kleinplaas-dam in Simonstad, naby Kaapstad, verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), Woensdag gesê.

“Reddingspanne van die NSRI is ontbied ná ʼn berig dat ʼn man besig is om te verdrink by Kleinplaas-dam,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, gesê. “Die reddingsduikers het na die man begin soek nadat hy glo onder die water verdwyn het.” Nerwich was glo op ʼn klein opblaasbootjie.

“Dit is nie duidelik wat veroorsaak het dat die man onder die water verdwyn nie.”

Die polisie, nooddienste en duikers van die brandweer het saam na Nerwich gesoek.

Sy liggaam is opgespoor en na die oppervlak gebring waar dit aan die polisie se forensiesepatologie-diens oorhandig is.

“Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek gelas. Alhoewel dit vermoedelik ʼn verdrinking is, is die oorsaak van dood nog nie vasgestel nie,” het Lambinon bygevoeg.

Volgens Lambinon het beraders van die polisie die familie op die toneel bygestaan.

Foto: Chops Craig/NSRI

Foto: Chops Craig/NSRI

Foto: Chops Craig/NSRI

Foto: Chops Craig/NSRI

Foto: Chops Craig/NSRI

Foto: Chops Craig/NSRI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.