
Kyle Strydom (links) en Kerryn-Leigh Turner (regs)
Die twee tieniermeisies van Brackenfell in Kaapstad, Kerryn Turner en Kyle Strydom, wat sedert Sondagoggend vermis is, is veilig terug by die huis.
Patrick Turner, Kerryn se pa, het Dinsdagoggend aan Maroela Media bevestig die twee meisies is veilig. “Ons is so dankbaar,” het Patrick gesê. Volgens Turner het die twee hul ouers Maandagaand gekontak en hulle het die meisies omstreeks 20:00 naby die McDonalds in die parkeerterrein van Tygervalleisentrum gaan haal.
Die twee het Saterdagaand omstreeks middernag verdwyn toe hulle uit hul ouerhuise geglip het, maar hul ouers het eers Sondagoggend besef hulle word vermis.
Turner het Maandag aan Maroela gesê dit wou voorkom of die meisies saam wou wegloop. Hulle het ʼn tent en klere by hulle gehad en het vroeër navorsing gedoen hoe om van Kaapstad na George of Knysna te reis. Klik hier om meer te lees.
Die meisies en hul ouers sal deur beraders bygestaan word.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
16 Kommentare
Duidelik verstaan hierdie twee nie in watse land ons bly nie.
baie dankbaar die 2 is veilig. ouers trek daai gatvelle af en maak lampskerms daarvan.
ai die 2 kinders as hul maar net weet hoe is dit daar buite vol verkragters en moordenaars ek hoop hul kry ordentlike pakslae
Ek is baie baie bly die twee is ongedeerd terug maar ek sê gee hul elkeen ‘n goeie drag slae! Hulle het die hele land oploop met hul stoute gedrag!
Om sulke groot meisies te slaan is vernedered. Miskien was die ondervinding naar genoeg en die les groot genoeg. Bly hulle is veilig.