Kaapstad-meisies veilig tuis

Kyle Strydom (links) en Kerryn-Leigh Turner (regs)

Die twee tieniermeisies van Brackenfell in Kaapstad, Kerryn Turner en Kyle Strydom, wat sedert Sondagoggend vermis is, is veilig terug by die huis.

Patrick Turner, Kerryn se pa, het Dinsdagoggend aan Maroela Media bevestig die twee meisies is veilig. “Ons is so dankbaar,” het Patrick gesê. Volgens Turner het die twee hul ouers Maandagaand gekontak en hulle het die meisies omstreeks 20:00 naby die McDonalds in die parkeerterrein van Tygervalleisentrum gaan haal.

Die twee het Saterdagaand omstreeks middernag verdwyn toe hulle uit hul ouerhuise geglip het, maar hul ouers het eers Sondagoggend besef hulle word vermis.

Turner het Maandag aan Maroela gesê dit wou voorkom of die meisies saam wou wegloop. Hulle het ʼn tent en klere by hulle gehad en het vroeër navorsing gedoen hoe om van Kaapstad na George of Knysna te reis. Klik hier om meer te lees.

Die meisies en hul ouers sal deur beraders bygestaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Melissa ·

Duidelik verstaan hierdie twee nie in watse land ons bly nie.

HELENA SEABORNE ·

baie dankbaar die 2 is veilig. ouers trek daai gatvelle af en maak lampskerms daarvan.

marlise ·

ai die 2 kinders as hul maar net weet hoe is dit daar buite vol verkragters en moordenaars ek hoop hul kry ordentlike pakslae

louise ·

Ek is baie baie bly die twee is ongedeerd terug maar ek sê gee hul elkeen ‘n goeie drag slae! Hulle het die hele land oploop met hul stoute gedrag!

H. Basson ·

Om sulke groot meisies te slaan is vernedered. Miskien was die ondervinding naar genoeg en die les groot genoeg. Bly hulle is veilig.

Carin ·

Dis van “slaan is vernederend” dat ons land se jeug en jongmense ontaard het in klein monsters. ‘n Goeie drag slae op sy tyd doen wonderwerke – kinders smeek daarvoor.

Carin ·

Ek stem saam – hulle gatvelle moet vir seker waai… Wat besiel twee meisiekinders om dit te doen.

Trudie ·

2 Tieners en hulle kan nie dink deur wat se hel hulle hul ouers gesit het nie!! Vernederend of nie, hulle velle sou beslis gewaai het as hul my kinders was!!

Kaspaas ·

Sover nog net spekulasies – sal nogal wonder waar hulle rond gepomp het.

Antjie ·

Kaspaas ek vreet jou sommer op. Ek het my nou amper ‘n papie gelag vir jou onskuldige teregwysing

Miss Knysna ·

I hope they realise what their parents must have gone through. Disgusting behaviour.

'N-Ouer ·

Ek sal maar die vraag vra.
Volgens al de vorige posting moet hulle gatvelle waai. Niks verkeerd met pak slae nie, maar hoekom sal twee “gelukkige tieners” net die pad wil vat sonder om hulle ouers in kennis te stel?

1.Die tieners het duidelik geen goeie verhouding met hul ouers nie
2. Die ouers het geen beheer oor hulle tieners nie.
3. Selfrespek en verantwoordelikheid is by beide partye afwesig

Dit is tans hoe die meeste van Suid Afrika lewe nadat hulle alles net oorgegee het.
Selfrespek, dissipline en geloof loop hand aan hand.

Indien hierdie ouers voel hulle het absoluut niks verkeerd gedoen nie, sal ‘n pak slae nie skade doen nie, maar as daar twyfel is, sien ‘n betroubare berader wat dieselfde kultuur agtergrond het.

Sterkte aan beide partye en mag God se rykste seën julle vergesel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.