Kaapstad-meisies word vermis

Kyle Strydom (links) en Kerryn-Leigh Turner (regs)

Kerryn-Leigh Turner en Kyle Strydom, albei 16 jaar oud, word sedert Sondagoggend van hul ouerhuise in Brackenfell in die Wes-Kaap vermis.

Patrick Turner, Kerryn se pa, het Maandagoggend aan Maroela Media bevestig dat hulle nog nie iets van die twee meisies gehoor het nie. “Ons weet dat hulle saam weggeloop het,” het Turner gesê. “Hulle het ʼn tent en klere by hulle.”

Volgens Turner het Kyle inligting op die internet gesoek oor hoe om van Kaapstad na George of Knysna te reis.

“Ons weet nie of hulle genoeg geld by hulle het om so ver te reis nie.”

Turner is ook op soek na een van die twee meisies se vriende, JP Moolman. Hulle was egter nog nie suksesvol om hom in die hande te kry nie. “Dit is moontlik dat hy die laaste persoon is met wie die meisies kontak gehad het of dat hy dalk weet waar hulle hulself kan bevind.”

Die telefoonnommers wat hulle van Moolman het, is buite werking. Moolman het glo by die Quicksilver-winkel in die Tygervalleisentrum gewerk en sy ma het glo ʼn geskenkewinkel in die sentrum.

Die polisie poog tans om ʼn selfoon, wat die twee meisies moontlik gebruik, deur selfoontorings op te spoor.

Turner het ook gesê dat die twee meisies mekaar moontlik naby Tygervallei gekry het en toe rygeleenthede gesoek het. “Indien hulle enigiemand vir ʼn rygeleentheid gevra het of as jy weet waarheen hulle op pad is, versoek ons dat die persone met konstabel De Kooker by Brackenfell-polisiestasie of speurder Armand by die Bellville-polisiestasie in verbinding sal tree.”

Turner het gesê Kerryn was die aand saam met hulle in die huis, maar het uitgeglip. “Ons het Saterdagaand omstreeks 23:00 teruggekom by die huis, maar toe ons gisteroggend opstaan was sy weg.”

Kerryn het blou oë, bruin hare, weeg 50kg en is 1.7m lank. Sy het ʼn wit kappie-top met die leuse “I love New York” daarop en ʼn blou denim aangehad.

Kyle het bruin oë, swart hare, weeg tussen 45 en 50kg en is 1.4m lank. Sy het ʼn neusring aan die regterkant en praat glo baie vinnig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Annamarie ·

Vader hou u hand oor hierdie jong meisies en besef hulle dit nie hoe gevaarlik dit is om duim of deur iemand op getel te word nie.Die kinders se ouer is bekommerd oor hulle en maak nie saak waardeur hulle gegaan het nie hou u hand oor hulle,Meisies hoe kan julle dit doen aan julle ouers.Hulle is rasendvan bekommer en ten minste kan julle vir hulle laat weet om te se julle is veilig.Die lewe daar buite is nie `n speel plek vir so pragtige jong meisie wat weg wil loop nie.

Elzette ·

Ek slat my dogter se gat velle weg as hulle myne was… arme ouers.

Ek stuur engele uit om hulle terug te bring huis en die direksie van die Heilige Gees om hulle te lei in Jesus Naam

Lientjie ·

Ek wil net alle sterkte aan die ouers toewens en vir hulle se ek dink aan hulle en ek Bid dat hulle gou opgespoor sal word! Baie, Baie STERKTE vir julle en plaas alle vertroue in die HERE!!

HELENA SEABORNE ·

die tweetjies kort i goeie pakslae as jy my vra. as hulle dit dun om aandag te suk, gee die aandag op die boude. in ons dae sou ons nooit so iets gewaag het nie.

Maria ·

Laat ons nie te vinnig oordeel, want om tot so stap oor te gaan, is net weereens ‘n bewys van hulle onvolwassenheid en kinders dink en reageer nie altyd soos ons van hul verwag nie. Laat ons eerder in gebed gaan vir hul veilige en ongedeerde terugkoms.

Amanda ·

My gebede is beslis met die famile. Ek ken die gevoel van magteloosheid. Ongelukkig is tieners erg beinvloedbaar en hardkopping, soek avontuur en op die ou end is hulle die wat die lewenslange gevolge dra maar die ouers en familie kry emosioneel die swaarste. Ek hoop hul het net eerder op n verlengde skoolvakansie gegaan en “vergeet” om te se hul waarheen hul gaan. Dis n groot bekommernis dat n seun amper 5 jaar ouer as hulle 2 skynbaar betrokke is by die aangeleentheid. Ek wonder net wie is die meesterbeplanner van die “road trip” …. ongeag …. ek stem met n goeie pak slae … tough love en baie liefde vir die ouers familie en vriende wat rasend is …

Mev le Roux ·

Ek dank die Here vir ouers wat nog so baie omgee vir hul kids, en dat hul so vinnig opgetree het. Ons ALMAL se kinders gaan deur hierdie fases. Dit moet n 0NBESKRYFLIK magtelose gevoel wees as mens besef jou kind is regtig weg! Ek wil net vir ALMAL se: dit kan met ENIGE iemand se kind gebeur! Kom ons vorm n gebedsmuur om hierdie ouers en die twee weerlose kinders, dat God se Engele hul ALMAL sal bewaar, en ons bid ook vir die Polisie wat n hengse taak het om te verrig! Ek gaan die kinders se besonderhede deurgee aan my gebedskringe. Moenie moed verloor nie!

anneke ·

Hulle is gevind! Patrick Turner se facebook het gese ons het hulle!!

Brakkies Sport Fotos ·

Hi Julle

Sterkte. Ek run ‘n facebook page van skole sport fotos reoor die wes-kaap en ek het F/B “friends” van regoor die land. Ek het hierdie daar by my gepubliseer en hopelik tel iemand dit op en versprei dit nog verder. Ek dink aan julle en bid en vertrou dat hulle veilig is. groete BSF

Annamarie ·

Dankie onse Heer dat hulle veilig weer tuis is.Maak nie saak wat die omstanding was nie so lank hulle net veilig is.Alle ouers is altyd oor hulle kinder se veilig besorg om weg teloop breek `n ouer se hart.Amen

Karin Bothma ·

Ek is so dankbaar om te hoor die kinders is veilig tuis. Dit is enige ouer se nagmerrie. Ek vertrou die ouers en kinders sal deur hul probleme werk met die hulp van die beraders en ons grootste helper, die Here. Ons sal nie vingers wys nie, dit kan met enige gesin gebeur ongeag hoe goed jy jou kinders groot maak. Voorspoed

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.