Kaapstad: Neusie verby vir gesels en ry

ʼn Munisipale wet tree op 1 Julie in Kaapstad in werking wat verkeerspolisie die reg gaan gee om beslag te lê op selfone wat deur motoriste gebruik word.

Die verkeerspolisie mag beslag lê op ʼn selfoon, selfs al is dit die betrokke motoris se eerste oortreding, berig RSG. Oortreders sal die geleentheid gebied word om die SIM- en geheuekaarte uit te haal.

Diegene wat ‘n boete opgelê word, kan die foon ná 24 uur terugkry. Die stad Kaapstad reik maandeliks meer as 8 000 boetes uit vir sulke oortredings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.