Kaapstad-ontploffing eis tweede lewe

Global Gases, Kaapstad

Die name van twee mans wat dood en twee wat kritiek beseer is ná ‘n ontploffing Woensdagmiddag by ‘n gasaanleg in Kaapstad, is bekend gemaak.

“Martin O’connor, ‘n kontrakteur en tegnikus, is op die toneel by die Atlas Gardens-fabriek dood. ʼn Man van Indië, Saji Thekkemalayil Chandrasekharaan, het ‘n been tydens die ontploffing verloor en is later in die hospitaal dood,” het Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die stad se rampbestuureenheid, Donderdag gesê.

“Brandon Pretorius het albei sy bene verloor en is in ʼn kritieke maar stabiele toestand. Jean Rossouw is ernstig, maar stabiel. Vier ander slagoffers het geringe beserings tydens die ontploffing opgedoen,” het Solomons-Johannes bygevoeg.

Maroela Media het Woensdag berig ’n kompressor het omstreeks  16:00 by die fabriek in Contermanskloofweg, Durbanville, ontplof. “Die man wat dood is, is ontbied om instandhoudingswerk op die kompressor te doen,” het Theo Layne, woordvoerder vir die stad se brand- en reddingsdienste, gesê. Buiten die man wat die instandhoudingswerk gedoen het, is alle slagoffers werknemers van die fabriek.

Die gebou se struktuur is intussen as onveilig verklaar. Die oorsaak van die ontploffing word steeds ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.